Die water spoel oor my hande

maar die woorden steek vas in my keel.

Hoe bid ‘n mens in hierdie tyd?

Ons het nog nooit so iets beleef nie.

Heer, wees ons genadig.

 

Ek voel die seep tussen my vingers,

wryf my hande, bo, onder, alle kante.

Skoonwas.

Dis mos U metafoor, Here.

Maar hoe moet ons dit verstaan in so ‘n tyd?

 

Want kan ek bid met my hande onder die kraan?

Ek dink aan die kwesbares,

en wonder of ek er ook een is.

Heer, wees ons genadig.

 

U roep ons om te volg.

U stel die voorbeeld van deernis en diens.

Maar hoe gee ons op ‘n afstand om?

Of lĂȘ die omgee juis in afsydig bly?

Is hierdie ritueel van water en seep ons nuwe sakrament?

Heer, wees ons genadig.

 

Om ons tuimel die markte.

Besighede ly skipbreuk

en soos drenkelinge spoel mense uit

op strande van wanhoop.

So iets het ons nog nooit beleef nie.

 

Ek was my hande in gebed:

Heer, wees ons genadig.

 

Neels Jackson